Anti-apartheidsaktivis is dood gemartel, bevind hoërhof
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het bevind die anti-apartheidsaktivis, Imam Abdullah Haron, is tot die dood gemartel en het nie van trappe afgeval soos die apartheidspolisie in 1970 beweer het nie. Regter Daniel Thulare het beslis Haron was ‘n slagoffer van marteling deur die Sekerheidstak omdat hy teen apartheid gekant was. Die regter het verder bevind Haron is sonder ‘n verhoor in aanhouding geplaas en die polisie, dokters en twee distriksgeneeshere in Kaapstad het gelieg oor hoe Haron gesterf het.
Leave a Reply