Anti-renoster-stroop pogings behaal sukses
Tot dusver vanjaar is 48 renosters in die land gestroop, volgens die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie, Teofilus Nghitila. Dit is ‘n groot verbetering op die 92 wat verlede jaar gestroop is. Agt olifante is vanjaar gestroop teenoor vier verlede jaar maar, baie beter as die syfers van die vorige jare wat tot 27 bereik het in 2018. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma Project gesels, wat gereageer het op die getalle gestroopte renosters vanjaar.
Leave a Reply