AR se vakbond wil stukwerkers ‘n ding van die verlede maak
Die nuutgeregistreerde Revolutionary Union-vakbond beoog om onder meer ‘n einde aan arbeidsmakelaars te maak, wat deur maatskappye gekontrakteer word om stukwerkers te verskaf. Die RU, onder leiding van Job Amupanda, leier van Affirmative Repositioning, is in 2021 gestig maar het eers vanjaar daarin geslaag om te registreer. Die vakbond is daarop gemik om die sukkelende werkersklas te bemagtig en by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, ‘n AR-aktivis, gepraat wat die nuutste oor die vakbond deel.
Leave a Reply