Arbeidsministerie lê slap met ontwikkeling
Die ministerie van arbeid het sy kwartaal twee-verslag vrygestel, wat oor sy arbeidsverhoudinge en volle indiensnemingsverpligtinge verslag doen. Dit bevat ook inligting oor sy begroting en uitgawes tot aan die einde van die tweede kwartaal. Die ministerie se totale bedryfsbegroting is 201,336 miljoen Namibiese dollar, waarvan hy 46 persent spandeer het in die eerste twee kwartale. Die hoogste besteding van sowat 43,49 miljoen dollar was aan algemene dienste, met byna 23,985 miljoen wat aan arbeidsdienste bestee is. Sy ontwikkelingsbegroting van 6,5 miljoen dollar was egter onaangeraak. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-woordvoerder Imms Nashinge gepraat, wat sê as hulle nie die geld wil gebruik nie, kan hulle dit vir ander ministeries gee.
Nashinge wonder of die geld regtig bestaan en hoekom dit nie gebruik word nie.
Leave a Reply