Arbeidsministerie misluk met werkskepping
Die syfers in die arbeidsministerie se verslag vir die tweede kwartaal toon dat indiensneming deur sy aanlynportaal ‘n hopelose mislukking is. Tussen Julie en September vanjaar is van die 3 927 verwysde werksaansoekers, net 288 geplaas en gedurende dieselfde tydperk is ‘n verdere 4 586 werksoekers op die portaal geregistreer. Van die werkloses in 2 555 vroulik met die res, 1 991, mans. Die syfers toon dat daar uit 8 513 werksoekers, net 288 suksesvol geplaas is.
Leave a Reply