Argentiniërs kan nie meer medisyne bekostig nie
Uit Argentinië word daar berig dat medisyne te duur geword het vir mense om te koop. Selfs voorskrif antibiotika en chroniese behandelings word laat vaar in die land waar jaarlikse inflasie van meer as 250 persent aangeteken het. Gesondheidsorg is eenvoudig te duur. Medisyneverkope in die land het volgens die aptekersvereniging met 10 miljoen eenhede – bottels of bokse – in Januarie gedaal. Meer as twee derdes was voorskrifmedisyne. Desperate pasiënte voel ook in die steek gelaat deur die openbare gesondheidstelsel, waar medisyne onbeskikbaar is.
Leave a Reply