Asiatiese olifante begrawe hul dooies, volgens ‘n nuwe studie

Home Uncategorized Asiatiese olifante begrawe hul dooies, volgens ‘n nuwe studie
Asiatiese olifante begrawe hul dooies, volgens ‘n nuwe studie


Asiatiese olifante begrawe hul dooies, volgens ‘n nuwe studie

Navorsers in Indië het vir die eerste keer vasgestel dat Asiatiese olifante hul dooie kalwers begrawe. Vyf kalwers is gevind wat op hul rug begrawe is in dreinering-slote in teetuine in die noorde van Bengale. Terwyl dit bekend is dat Afrika-olifante dooie kalwers begrawe, is dit die eerste keer dat die gedrag by Asiatiese olifante ontdek is, volgens Akashdeep Roy, ’n navorser by die Indiese Instituut vir Wetenskap-Onderwys en Navorsing. Die begrafnisse is gedokumenteer in gebiede met gefragmenteerde woude en landbougrond soos bv. teetuine, het Roy gesê. Terwyl olifante nie hul dooies in dorpe sal begrawe nie weens die hoë waarskynlikheid van menslike versteuring, is die teetuin-dreinering-slote ‘n “perfekte plek” vir kalwer begrafnisse, het hy verduidelik. “Hulle hou die karkas aan die bene of die slurp vas, dit is die enigste manier hoe hulle die karkas kan sleep,” sê Roy, wat bygevoeg het dat die maklikste manier is vir olifante om die liggaam in die sloot te lê en dit dan met modder te bedek om sodoende ‘n begrafnis te bewerkstellig.

Fotos verskaf: CNN



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.