AU veroordeel Gaboen-staatsgreep
Die voorsitter van die Kommissie van die Afrika-unie, Moussa Faki Mahamat, het die poging tot ‘n staatsgreep in Gaboen ten sterkste veroordeel. Weemagoffisiere in die land het beheer oorgeneem en die president, Ali Bongo Ondimba, onder huisarres geplaas. Die weermag wil hê dat die uitslag van die presidensiële verkiesing omgekeer word. Hulle probeer om Ondimba se familie wat al vir byna 56 jaar regeer ontsetel. Mahamat sê die poging tot staatsgreep is ‘n blatante skending van die wetlike en politieke beginsels van die Afrika-unie.
Leave a Reply