Aussie De Minaur, Britte se Boulter verloof
Tennis: Australië se voorste speler, Alex de Minaur, en Engeland se voorste vrouespeler, Katie Boulter, sal volgende maand die tweede agtereenvolgende jaar teen mekaar te staan kom in die gemengde dubbelspel in die United Cup-toernooi in Sydney. Alles sal egter nie presies soos verlede jaar verloop nie, aangesien die paartjie pas hul verlowing aangekondig het nadat hulle reeds vier jaar saam is. Hul medespelers het hulle gelukgewens met die besluit en gesê dit was hoog tyd.