Reeks om die As: Aussie hoop aanstootlike taal teen hulle sal end kry
Die Australiese aanvangskolwer, Usman Khawaja, sê hy wil nie hê sy kinders moet blootgestel word aan die soort beledigings wat hy en sy spanmaats van die toeskouers moes verduur tydens die tweede toets om die As teen Engeland op Lord’s in Londen nie. Hy sê erge aanstootlike taal is in Engeland teen die Aussies en hulle gesinne gerig. Khawaja sê egter voor die begin van die vierde toets môre in Manchester gaan alles oor krieket en die reeks was tot dusver baie opwindend:
Leave a Reply