Australiese plaas verbou die wêreld se grootste bloubessie

Home Uncategorized Australiese plaas verbou die wêreld se grootste bloubessie
Australiese plaas verbou die wêreld se grootste bloubessie


Australiese plaas verbou die wêreld se grootste bloubessie

’n Australiese plaas het die rekord vir die wêreld se grootste bloubessie verpletter met ’n vrug so groot soos ’n tafeltennisbal. Die monster is in November gepluk en in ‘n vrieskas gebêre. Die monster bloubessie was amper 4cm breed en het 20,4 g geweeg, ongeveer 10 keer meer as die gemiddelde bloubessie. Die titel is voorheen gehou deur ‘n 16,2g-bessie wat in Wes-Australië gekweek is. Die bloubessie is van ‘n nuwe variëteit wat deur die Costa Groep ontwikkel is om aan verbruikers se behoeftes vir groter korrels te voldoen. Brad Hocking sê die Eterna-variëteit lewer deurgaans groot vrugte, maar onlangse groei-toestande het ‘n goeie oes verseker op hul plaas in Corindi in die noorde van Nieu-Suid-Wallis. Sy span het ‘n paar belowende bessies aan die bome opgemerk, maar was geskok toe hulle dit geweeg is. Dit was eers toe dit op die skaal geplaas was dat hul besef het wat gevind is. Ná 12 weke is die bessie hierdie week deur Guinness World Records gesertifiseer as die swaarste wat nog ooit gevind is.

Foto verskaf: BBC



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.