Aziz Pahad vandag ter ruste gelê
Roubeklaers kom vanoggend by die Wespark-begraafplaas in Johannesburg byeen vir die begrafnis van die strydros Aiziz Pahad. Die voormalige adjunk-minister van Buitelandse Sake word met ‘n spesiale kategorie-twee-begrafnis vereer. Pahad is Woensdag in die ouderdom van 82 oorlede. Hy is slegs drie maande na sy ouer broer Essop Pahad oorlede. Huldeblyke van oor die hele politieke spektrum het Aziz Pahad as ‘n vredemaker, ‘n toegewyde menseregte-aktivis en ‘n perfekte diplomaat beskryf.
Leave a Reply