Baba, 6 weke oud, dood na inenting
Die Namibiese polisie in Omusati sê ‘n ses-weke-oue baba is die week dood na sy by die Okahao-hospitaal ‘n inenting ontvang het. Adjunkkommissaris Moses Simaho sê die 23-jarige ma het haar tweeling dogters hospitaal toe geneem vir roetine inentings. Op pad huis toe het sy agtergekom die baba wat sy op haar rug gedra het is dood. Haar neus het ook gebloei. Simaho sê ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.
Leave a Reply