Babi se appèlsaak vir stropery vandag aangehoor

Home Uncategorized Babi se appèlsaak vir stropery vandag aangehoor
Babi se appèlsaak vir stropery vandag aangehoor


Babi se appèlsaak vir stropery vandag aangehoor

Die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, se appèlsaak sal vandag deur regters Naomi Shivute en Heman Januarie aangehoor word. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 in Kleine Kuppe in hegtenis geneem na ‘n klopjag op sy huis en renosterhorings wat daar gevind is, hom verbind het aan die stropery van twee renosters naby Gobabis. Babi het ook gepoog om die ondersoekbeampte om te koop met 13 000 Namibiese dollar om borg vir hom te verseker. Die eienaar van die plaas waar Babi die renosters gestroop het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy ontsteltenis oor die appèlsaak uitgespreek. Hy sê dat hul renosterkoei ná twee maande beswyk het aan haar wonde en haar groter bulkalf is doodgeskiet en beide horings is verwyder.    



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.