‘Barbie’ bevorder homoseksualiteit – Libanon
Libanon se minister van kultuur het ‘n verbod op die rolprent “Barbie” in die land se teaters geplaas en sê dit bevorder homoseksualiteit en weerspreek godsdienstige waardes. Minister Mohammad Mortada word ondersteun deur die magtige Sjiïtiese gewapende groep Hezbollah, wie se hoof Sayyed Hassan Nasrallah sy retoriek teen die LGBTQ-gemeenskap verskerp het, met verwysing in ‘n onlangse toespraak na Islamitiese tekste wat vra dat oortreders met die dood gestraf word. Volgens Mortada bevorder die rolprent ook seksuele transformasie en Libanon ag die gesinseenheid as uiters belangrik.
Leave a Reply