Barbie breek rekords, verdien US$1 miljard in 3 weke
Skaars drie weke nadat die Barbie-fliek vrygestel is, het dit by die kaartjiekantoor deur die miljard Amerikaanse dollar-kerf gebreek. Die rolprent met Margot Robbie en Ryan Gosling in die hoofrolle het die naweek afgesluit met 19 miljard Namibiese dollar wat wêreldwyd by kaartjiekantore gehaal is. Die globale sukses word toegeskryf aan kaartjieverkope op die wêreld se grootste rolprentmarkte, insluitend dié in die Verenigde Koninkryk, Mexiko en Australië. Greta Gerwig het die eerste vrou geword wat as alleen-regisseur ‘n fliek maak wat die miljard Amerikaanse dollar-kerf verbysteek.
Leave a Reply