Bates van diefstalsindikaat by Eskom gevat
Die Batebeslagleggingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag het eiendomme en kontant ter waarde van 29 miljoen Suid-Afrikaanse rand in beslag geneem wat gekoppel is aan ‘n beweerde diefstalsindikaat by Eskom. Dit volg op ‘n bevriesingsbevel van die hof in Pretoria. Daar word beweer dat ‘n oud-werknemer van Eskom, wyle Mothelli Theletsane, sy kennis gebruik het om elektrisiteitsbewyse ter waarde van meer as 36 miljoen rand onwettig uit te reik. Die woordvoerder van die gesag, Lumka Mahanjana, sê die eiendom en bates ter waarde van meer as 23 miljoen rand, is na bewering bekom uit die opbrengs van onwettige bedrywighede:
Leave a Reply