Beatles stel ‘finale’ liedjie bekend
Wat beskryf word as die “finale” liedjie deur die supergroep die Beatles, “Now and Then”, is so pas in Brittanje vrygestel. Die liedjie bevat musikale bydraes van al vier lede van die groep, insluitend kitaar wat deur wyle George Harrison in 1995 opgeneem is, en sang deur John Lennon afkomstig van die liedjie se oorspronklike laat-70’s demonstrasie-bandopname. Dit is geskryf en gesing deur Lennon by sy huis in New York se Dakota-gebou, waar hy in 1980 vermoor is. Die liedjie is nou met behulp van kunsmatige intelligensie tegnologies op datum gebring. Paul McCartney en Ringo Starr is die enigste oorlewende lede van die groep. McCartney het die projek “taamlik emosioneel” en ” ‘n opwindende ding” genoem.
Leave a Reply