Becker bepleit materiaal om beter ondersoek te doen
Die Namibiese polisie het vanoggend die besending van 412 kilogram kokaïen met ‘n waarde van 602 miljoen Namibiese dollar wat Grant Noble en Dinath Azhar vanuit Brasilië ingesmokkel het, vernietig. Die hoof van Nampol se forensiese eenheid, kommissaris Nelius Becker, sê die eenheid sukkel omdat daar ‘n tekort aan standaarddwelms is vir hulle om toetse doeltreffend uit te voer.
Hy sê die tekorte raak die sake en die voordeel lê dan by die kriminele.
Leave a Reply