Klimaatsverandering: Beesboerdery sal kwyn in sentrale gebied
Die benutbaarheid van grond in Namibië sal volgens kenners negatief geraak word as gevolg van klimaatsverandering. Met stygende temperature gepaard met wisselvallige reënpatrone, sal die produktiwiteit van Namibiese landbougrond met 42 persent teen 2050 daal. Die finansminister, Ipumbu Shiimi het die syfers aangehaal en sy kommer oor die impak daarvan op die BBP uitgespreek. Teen 2080, sal produktiwiteit met amper 60 persent daal en die grootste impak sal op die sentrale gebiede wees. Lewendehawe-produsente sal die swaarste getref word en dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing, het ook reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit amper onmoontlik sal wees om in die sentrale gebied met bees te boer. Shiimi sê die bedryf kan in die volgende 70 jaar, elke jaar met ‘n persentasiepunt krimp.
Leave a Reply