Bepalings en uitbreiding van voeseldhulp vir huishoudings bekend
Die kantoor van die eerste minister het kennis gegee dat die verlenging van die droogte verligtingsprogram, ingevolge ‘n opdrag van die kabinet, ingestel is in die Kunene-, dele van die Omusati-, en die Erongo-streek. Die program is ook uitgebrei na Omaheke, Karas en Hardap. Voedselbystand mag net ontvang word deur huishoudings wat nie reeds ander voedselbystand ontvang nie en die inkomste in die huishouding mag nie meer as 2 600 Namibiese dollar wees nie. Vir lewendehawe is daar bemarking-insentiewe, gesubsidieerde vervoer vir diere van en na weidingsgebiede sowel as ‘n subsidie vir die huur van weiding. Die kriteria vir dié program word deur die landbouministerie bepaal. Albei programme duur vanaf 1 Julie vanjaar tot 31 Maart volgende jaar.
Leave a Reply