Beplanning om skuiwergate in tenderproses te sluit broodnodig – Mudge
Reaksie word ontvang op beplanning om ‘n skuiwergat in die Wet op Openbare Verkryging toe te maak, wat sal verhoed dat maatskappy-eienaars op die swartlys nuwe maatskappye skep om toegang tot regeringskontrakte te kry. Woordvoerder van die finansministerie, Wilson Shikoto, sê dat hulle na tussentydse oplossings kyk terwyl wysigings aan die wet gefinaliseer word. Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Leave a Reply