Beroepsopleiding kan land se toekoms verseker

Home Uncategorized Beroepsopleiding kan land se toekoms verseker
Beroepsopleiding kan land se toekoms verseker


Beroepsopleiding kan land se toekoms verseker

Adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nathalia Goagoses, doen ‘n beroep op leerders om by beroepsopleidingsinstellings in te skryf. Sy het by die amptelike opening van die Omuthiya beroepsopleiding-sentrum se jeug-uitstalling in die Oshikoto-streek gesê dat beroepsopleiding vaardighede sal genereer wat die ekonomie kan ontwikkel en transformeer. Sy voeg by dat daar 90 private beroepsopleidingsinstellings in die land is, en moedig ongeregistreerde instellings aan om by kwalifikasie-entiteite te registreer. Goagoses sê dat groen waterstof en die ontdekking van olie en gas ook dringende en ernstige opleiding verg, sodat daar beheer geneem kan word van waardetoevoeging aktiwiteite vir hierdie hulpbronne.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.