Besluit oor Vitol se oorname van Engen binnekort bekend
Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy besluit in verband met die verkoop van Engen Beperk aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, is reeds gemaak. Wat dit beteken is dat die plaaslike Vivo Energy en sy Shell handelsmerk, Engen wil oorneem. Die kommissie het verskeie konsultasies in die verband het met ‘n konferensie wat ook einde September plaasgevind het en baie goed bygewoon is. Die kommissie se direkteur van samesmeltings Johannes Ashipala sê die beslissing kan eers bekend gemaak word wanneer die rolspelers ingelig is en dit moet nog gedoen word.
Leave a Reply