Besproeibare grond plaaslik grootliks onderbenut
Plaaslike media berig dat net 11 000 hektaar uit ‘n totaal van 52 000 hektaar wat besproei kan word, word tans in Namibië benut. Van die totaal is die 5 000 hektaar wat by Neckartaldam geïdentifiseer is, ingesluit. Groenskemas is reeds jare lank in die nuus as gevolg van swak prestasie en onlangs het die minister, Calle Schlettwein talle van die skemas oopgestel vir venootskappe met die privaatsektor vir beter prestasie. Intussen is voedselsekerheid in gedrang en die regering moet amper 900 miljoen Namibiese dollar bestee aan droogteverligting.
Leave a Reply