Beste reën kom nog… hou moed
Ten spyte van die reën wat die afgelope tyd op sekere plekke in die land geval het is daar nog groot dele wat baie droog is, veral in die Suide. Dit lyk asof die noordelike, noordoostelike dele en Windhoek in die nabye toekoms amper elke dag ‘n kans op enkele buie het. Vir die Suide lyk dinge steeds nie goed nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbouweerkundige Johan van den Berg, wat die vooruitsigte vir die reënseisoen gee.