Beter internasionale handel voorspel
Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling se jongste verslag voorspel vanjaar ‘n heroplewing van internasionale handel. Die verslag dui aan ondanks ‘n drie-persent jaar-tot-jaar inkrimping in globale handel in 2023, aangedryf deur swak aanvraag in ontwikkelde lande, het dit in die vierde kwartaal van 2023 gestabiliseer. Ontwikkelende lande, veral in Afrika en Asië, het groei ondervind. Die verslag verwag ‘n stygende aanvraag na omgewings-vriendelike goedere, soos elektriese voertuie, sal handel ‘n hupstoot gee.
Leave a Reply