Betogers steek Sweedse ambassade in Bagdad aan die brand
Honderde betogers het op die Sweedse ambassade in Bagdad afgestorm en die gebou aan die brand gesteek. Die betoging is aangevuur deur die Sjiïtiese godsdiensleier, Muqtada Sadr uit ontevredenheid oor die Koran wat weer in Swede aan die brand gesteek gaan word. Dit is die tweede voorval in weke waarin die heilige geskrif van die Islam-geloof in Stockholm aan die brand gesteek word. Die Sweedse ministerie van buitelandse sake het die aanval op die ambassade veroordeel en sê Irak moet diplomatieke instellings beskerm.
Leave a Reply