Bheki sal plan van aksie oor zama-zamas aan Cyril voorlê
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê verskeie ministers sal môre ‘n plan van aksie teen onwettige mynbou aan President Cyril Ramaphosa voorlê. Die minister het ‘n imbizo oor onwettige mynbou in Riverlea, Johannesburg, byeengeroep om die aktiwiteit te ondersoek en stop te sit. Verskerpte polisie-optrede het daartoe gelei dat 194 verdagtes in hegtenis geneem is nadat inwoners gekla het oor kommer oor hulle veiligheid weens zama-zamas wat in die Zamimpilo informele nedersetting werk en bly. Cele sê daar is vordering in die stryd teen onwettige mynbou-aktiwiteite.
Leave a Reply