Biden en Trump gesels Woensdag by die Withuis
Die Withuis het aangekondig die verkose president Donald Trump sal Joe Biden Woensdag in die Oval Office besoek in hulle eerste ontmoeting sedert die Amerikaanse verkiesing. Biden se na-verkiesingsuitnodiging aan Trump is ‘n tradisie tussen die uittredende en inkomende presidente. Maar toe Trump in 2020 die verkiesing verloor het teen Biden, het die Republikein die tradisie verbreek en nie so ‘n byeenkoms aangebied nie. Intussen berei Trump voor vir sy terugkeer na die pos by die Mar-a-Lago-landgoed in Florida.