BIG-koalisie hou ‘star rally’ in hoofstad
Die Basic Income Grant-koalisie van Namibië sal môre ‘n universele basiese inkomstetoelaag byeenkoms in die hoofstad hou om te pleit vir so ‘n inkomstetoelaag, die voordele daarvan bo voorwaardelike toelaes duidelik te maak, en om op politieke aanspreeklikheid aan te dring. Die doel is om armoede, werkloosheid en inkomste-ongelykheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renaani Musutua van die BIG-koalisie, wat meer inligting verskaf.