Bill Clinton eerste bekende in Epstein-dokumente
Internasionale media beaam dat talle welgesteldes, en moontlik bekendes, senuagtig is oor die vrystelling van die sogenaamde Esptein-dokumente. Die dokumente was deel van ‘n siviele regsgeding in 2015 wat deur Virginia Guiffre aanhangig gemaak is teen Ghislaine Maxwell in die Jeffrey Esptein seksskandaal. Behalwe vir prins Andrew, is die eerste bekende wat genoem is, oudpresident Bill Clinton wat blykbaar gereeld Epstein se straler benut het en Esptein as filantroop beskryf het. Die dokumente bestaan uit meer as 900 bladsye en daar word verwag dat nog bekendes se name bygevoeg sal word.
Leave a Reply