Blitsbokke die trekpleister by eerste Sewes uitnodigingstoernooi
Rugby: Die Blitsbokke sal aanstaande maand aan ‘n eerste Sewes Uitnodigingstoernooi in Stellenbosch deelneem. Die tweedaagse toernooi vind op 28 en 29 Oktober by die ikoniese Paul Roos Markötter-veld plaas. Volgens die organiseerders kan toeskouers uitsien na topvlak-rugbyvermaak, waarvan die Blitsbokke die groot trekpleister is. Die Blitsbokke is die heersende Statebondspele-kampioene en sal probeer om ‘n stewige grondslag te lê vir die komende gewysigde Wêreld-sewesreeks in Desember.
Leave a Reply