Bloedoortappingsdiens wil nie kommentaar oor Menzies se ‘vrag’ lewer nie
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens wou nie direk kommentaar lewer oor Menzies Aviation wat sê hy het kritieke bloedvoorrade in sy pakhuis op die lughawe wat dringend deur die Bloedoortappingsdiens benodig word, nie. Menzies sê Paragon en die lughawensmaatskappy jaag hulle eie persoonlike belange na. Titus Shivute van die diens sê dit is uiters belangrik dat die regte produk vir die regte pasiënt betyds afgelewer word.
Leave a Reply