Bloedreserwes krities laag – kom skenk!
Ten spyte van alle pogings om ‘n bloedtekort die afgelope twee weke te herstel, het die bloedreserwes gedaal met O-positiewe en O-negatiewe bloedgroepe wat die meeste geraak is. Dit beteken bloedbanke en hospitale in die land het net genoeg bloed vir Desember en Januarie. Die Bloedoortappingsdiens van Namibië hou môre ‘n nood-bloedskenkkliniek in Windhoek by die Grove Mall voor Game, om bloedreserwes vir hospitale regoor die land op te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Titus Shivute, die diens se woordvoerder.
Leave a Reply