Boere het nog tot 1 Desember om merke te registreer
Die sperdatum om inligting oor vee-eienaars by die vee-identifikasie- en -naspeurbaarheidstelsel en veehandelsmerke by te werk, is tot die eerste van volgende maand verleng. Die woordvoerder van die ministerie van landbou, Jona Musheko, sê die veldtog was suksesvol met die bywerking van veeboer-inligting en veehandelsmerke op die betrokke databasis. Hy sê boere kan bystand ontvang by Staatsveeartsenykantore regoor die land en die Vleisraadkantoor in Windhoek
Leave a Reply