Boere noord van rooilyn sukkel met droogtehulp
Die vise-tesourier van die Namibië Nasionale Boere-unie, Kristian Hango, sê boere in die Noordelike Kommunale Gebied sukkel om toegang tot droogtehulp vir hul vee te kry. Hango het op ‘n inligtingsessie van die parlementêre staande komitee oor Ekonomie en Publieke Administrasie in Windhoek gesê daar is ‘n behoefte aan ‘n proaktiewe benadering tot droogtebystand vir hierdie boere. Die unie het ook die kwessie van prysdiskriminasie in die sektor tussen die boere suid van die veterinêre kordonheining en die boere noord daarvan geopper.
Leave a Reply