Bok-kaartjies verkoop in 90 minute uit
Dit het net 90 minute geneem vir al die kaartjies om uit te verkoop vir die tweede toets tussen die Springbokke en Ierland in Durban. Die wêreldkampioen pak die span wat deur sommige beskou word as die wêreld se beste, op 13 Julie op Kingspark. Daar was ook groot belangstelling in kaartjies vir die eerste toets ‘n week vroeër in Pretoria. Die uitvoerende hoof van die Haaie, Ed Coetzee, sê dis fantasties om die opwinding te beleef onder ondersteuners wat weer die Bokke in aksie sal sien.
Leave a Reply