Rugby: Bokke fokus op openingswedstryd teen Skotland
Rugby: Die Springbok-veteraan Duane Vermeulen sê die span se fokus is reeds op hul Wêreldbeker-openingswedstryd teen Skotland. Dit volg nadat Suid-Afrika Nieu-Seeland sy grootste nederlaag ooit toegedien het in Vrydag se opwarmingswedstryd op ‘n volgepakte Twickenham in Londen, toe hulle die Kiwi’s 35-7 afgeransel het. Vermeulen sê die wedstryd was goeie voorbereiding en ‘n wonderlike uitslag, maar die Wêreldbeker-toernooi lê nog voor en daar is nog heelwat om aan te werk, soos dissipline. Die Bokke pak die Skotte op 10 September in Marseille, Frankryk.
Leave a Reply