Bokke ‘hou kop omhoog’, maar Tonga wag
Rugby: Die Springbokafrigter Jacques Nienaber en kaptein Siya Kolisi sê hulle hou kop omhoog en fokus nou al hulle energie op hierdie week se kragmeting met Tonga. Hulle reaksie volg op die Bokke se Wêreldbeker Groep B-wedstryd in Stade de France in Parys, waar hulle met 13-8 verloor het teen die wêreld se top-gekeurde span, Ierland. Omdat die Springbokke hulle aanvangswedstryde teen Skotland en Roemenië gewen het, was die wedstryd in Parys nie alles of niks nie. Dit beteken egter hulle moét Sondag teen Tonga wen om deur te dring na die kwarteindstryd.
Leave a Reply