Bokke kry sterbelaaide afskeid môre
Die Springbokke kan uitsien na ‘n sterbelaaide openbare afskeid môre by die OR Tambo Internasionale Lughawe wanneer hulle na die Wêreldbeker in Frankryk vertrek. Bekendes soos PJ Powers, Robbie Wessels en Loyiso Bala sal deel van die geleentheid wees en Bok-ondersteuners word aangemoedig om dit by te woon en die 33 spelers en personeel af te sien. Die heersende wêreldkampioen speel hierdie maand hulle laaste twee opwarmingswedstryde teen Wallis en Nieu-Seeland voordat hulle op die tiende van volgende maand teen Skotland begin om hulle titel te verdedig.
Leave a Reply