Bomaanval teiken Katolieke mis
‘n Katolieke mis was vandag die teiken van ‘n dodelike bomaanval in die opstand-geteisterde suide van die Filippyne. Minstens drie mense is in die ontploffing dood en sewe ander slagoffers is gewond. Die streekshoof van die Polisie, Allan Nobleza, sê dit het gebeur tydens die diens in die Mindanao-staatsuniversiteit se gimnasium in Marawi, die land se grootste Moslemstad.
Leave a Reply