BoN en Trustco Bank stoei voort in die hof
Regter Eileen Rakow sal vanoggend ‘n interlokus-aansoek deur die Bank van Namibië aanhoor in sy aansoek om Trustco Bank te likwideer. Die sentrale bank vra dat Rakow onttrek uit die saak. Die kwessies raak al hoe meer ingewikkeld met Truscto wat op sy beurt die sentrale bank se aansoek om verskeie van Trustco se aantygings in sy stukke te verwyder, ook teenstaan. Die Bank van Namibië sê Trustco se kommentaar is skandalig, irriterend of irrelevant. Trustco het twee van sy eie tussentydse aansoeke wat nog aangehoor moet word. Regter Boas Usiku het Vrydag Trustco Bank se aansoek om die opskorting van sy bedrywighede deur die Bank van Namibië se dringendheid geweier.
Leave a Reply