BoN gaan groen

Home Uncategorized BoN gaan groen
BoN gaan groen

BoN gaan groen

Die Bank van Namibië het ‘n volle lid geword van die Network for Greening the Financial System, ‘n groep sentrale banke en omsigtigheids-toesighoudende owerhede wat omgewings- en klimaatrisikobestuur in die finansiële sektor wêreldwyd bevorder. Die netwerk het ten doel om die rol van die finansiële stelsel in die bestuur van risiko’s en die mobilisering van kapitaal vir groen- en laekoolstofbeleggings te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naufiku Hamunime, die hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid by die bank.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.