Bongi is onskuldig bevind
Wêreldrugby het die Springbok-haker Bongi Mbonambi vrygespreek van bewerings van rassistiese uitsprake wat glo tydens verlede naweek se Wêreldbeker-halfeindstryd teenoor die Engelse flank, Tom Curry, gemaak is. Wêreldrugby sê in ‘n verklaring hy het al die beskikbare bewyse oorweeg, insluitende wedstrydmateriaal, oudio en bewyse van albei spanne. Hy het bepaal daar is in hierdie stadium onvoldoende bewyse om voort te gaan met die aanklagte. Die vryspraak baan die weg vir Mbonambi om in die nommer 2-trui vir Suid-Afrika te begin in Saterdag se eindstryd teen die All Blacks in Parys.
Leave a Reply