Booys hoor Vrydag of sy borgappèl geslaag het 

Home Uncategorized Booys hoor Vrydag of sy borgappèl geslaag het 
Booys hoor Vrydag of sy borgappèl geslaag het 



Booys hoor Vrydag of sy borgappèl geslaag het 

Die omstrede Okahandja-streeksraadslid, Steve ‘Biko’ Booys sal Vrydag hoor of sy appèl om borg te bekom suksesvol was of nie. Regters Christie Liebenberg en Herman Januarie het hom Maandag aangehoor. Hy is in September 2021 borg in die landdroshof op Okahandja geweier. Booys word op klagtes van bloedskande en verkragting in die streekshof verhoor. Volgens die staat het hy op 16 en 17 Januarie 2021 ‘n 20-jarige vrou verkrag na hy haar drank of dwelms ingegee het. Hy is op 2 Februarie 2021 gearresteer en borg is sedertdien geweier omdat die staat beweer hy het kontak met die vermeende slagoffer gemaak oor die klagtes. Sy ampstermyn as streeksraadslid vir Okahandja is gekenmerk deur optogte teen hom. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.