Borg in soeklig na wrede moord, verkragting op Rehoboth
Inwoners van Rehoboth is woedend oor die sinnelose moord en beweerde verkragting van die 64-jarige Helena Wemmert op die dorp. Die verdagte, Romario Beukes, is geïdentifiseer as ‘n beweerde herhaaldelike oortreder, en word deur die gemeenskap as gevaarlik beskou. Meer skokkend, die 29-jarige het ‘n moordsaak hangende en sal na verwagting later vandeesmaand in die hof verskyn. Inwoners het hul ontevredenheid met die regstelsel op sosiale media gelug en hy is borg geweier tydens sy verskyning Donderdag. Maar dit is nie die eerste geval waar erge misdaad-verdagtes borg bekom en weer oortree nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Reghulpsentrum, gepraat oor die toestaan van borg in die laerhowe.
Leave a Reply