Boris Becker is Rune se nuwe afrigter
Die voormalige bobaas-Duitse speler, Boris Becker, is die nuwe afrigter van die wêreld nommer ses, Holger Rune, van Denemarke. Die 55-jarige, wat gedurende sy loopbaan ses Grand Slam-toernooititels ingepalm het, was vroeër ook die afrigter van die wêreld nommer een, Novak Djokovic van Serwië. Die 20-jarige Rune word as ʼn toekomstige Grand Slam-wenner beskou maar hy kon nog net een wedstryd wen sedert hy deur die uiteindelike kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, in die kwarteindronde by Wimbledon uitgeskakel is. Volgens Becker is hy nogal trots daarop dat Rune hom gevra het om sy mentor te wees.
Leave a Reply