Botha en sy vrou vra vandag vir borg
CBI Exchange se Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove bring vanoggend ‘n formele borgaansoek in die Windhoek-laerhof. Hulle word verdink van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar en oortreding van die Wet op Bankinstellings. Die twee is verlede week Vrydag weer in hegtenis geneem na hulle vrygelaat is omdat hulle eerste arrestasie onwettig was omdat dit sonder ‘n lasbrief uitgevoer is.
Leave a Reply