Bots & Zim se massa-olifantvrektes deur nuwe bakterie veroorsaak
Die dood van 350 olifante in Botswana se Okavango-delta en 35 by die aangrensende Hwange Nasionale Park en Victoria-waterval in Zimbabwe in 2020 was te wyte aan ‘n seldsame vorm van bakterieë. Wetenskaplikes het uiteindelik vasgestel die oorsaak was noodlottige septisemie wat verband hou met Bisgaard takson 45, ’n naamlose naasbestaande van Pasteurella multocida, wat op sy beurt septisemie veroorsaak. Die bevindinge is in die Nature Communications-vaktydskrif gepubliseer. Volgens die navorsers is stropery en doelbewuste vergiftiging vroeg in die ondersoek uitgesluit. Olifantkarkasse en omgewingsmonsters is ontleed en nadoodse en histologiese bevindings dui op ‘n bakteriële septisemie soortgelyk aan hemorragiese septisemie wat deur Pasteurella multocida veroorsaak word.
Leave a Reply